
Ons storie
Groot drome op 'n stukkie grond in die Waterberge
Op 'n stukkie grond in die Waterberge droom ons groot drome en skop ons nuwe, opwindende projekte af. Ons is passievol oor herlewingslandbou en daaroor om gesinsgesentreerd te boer.
Op Sondagmiddae, wanneer die ergste hitte verby is, stap ons drietjies oor die plaas. Ons kyk hoe alles groei en of die diere gelukkig is, en ons geniet die sonsondergang. En wanneer die kleinspan by hul tannie kom kuier, help hulle graag om groente vir aandete te oes.
“Alles op hierdie bord kom van Dantiny af.”
Hannelie Kruger en die Dantiny-gesin





